Jou omgee-hart maak 'n verskil
- ChangenetSA
- Jun 28
- 1 min read
Willie Ebertsohn van Bethlehem het onlangs die bekende Pakhuis/Warehouse in Unionstraat genader met ‘n voorstel om, vanaf hierdie sentrale punt, ‘n familie in nood te help met ‘n maand se kosvoorraad.
Willie is op ‘n onlangse Saterdag geboei by Dericks Spar, en in samewerking met die Armoede Polisie het hy fondse ingesamel vir sy “borgtog,” wat dan vir die familie in nood aangewend sou word.
Te danke aan almal se hartlike ondersteuning kon daar, bo en behalwe die gesin in nood, ook 'n bejaardesorgsentrum in Kestell gehelp word met ten minste drie maande se voorrade. Ook kon die Senekal Kinderhuis, die Ubomi Sanctuary (‘n diere-skuiling in Paul Roux), en die Bethlehem DBV ondersteun word.
“Dankie vir elke persoon se omgee-hart.” Indien jy ook deur die Pakhuis 'n bydrae wil maak kontak gerus vir Justice by 061 534 2311.

Comments