Martin’s Funerals doen besigheid met empatie
- ChangenetSA

- Jan 31, 2022
- 1 min read
Werner Engelbrecht, eienaar van die Martin’s Funerals franchise in Bethlehem en sy span het reeds 17 jaar lank ‘n teenwoordigheid in ons dorp.
Hul empatiese en innoverende werkswyse rondom mense se hartseer is welbekend. Hulle help “vanaf die straatveër tot die koning, en almal tussenin” soos Werner dit stel.
Die gemiddelde persoon is hul grootste mark, maar hulle werk ook baie met inwoners wat van polisse gebruik maak om begrafnisse te kan bekostig. Martin’s Funerals in Bethlehem help alle segmente van die gemeenskap en is daar vir almal – so onderskei hulle hulself van ander soortgelyke besighede.
Deesdae word verassings al hoe meer algemeen, veral as gevolg van die toestand van begraafplase oral in Suid-Afrika.
Hulle het ook ‘n hart vir die gemeenskap – Martin’s-takke van regoor die Vrystaat het ‘n fonds waaruit hulle instansies in die gemeenskappe help, soos wat Werner-hulle gedoen het met Sonskyn Dienssentrum se Kersete, Residentia se gholfdag en baie ander.
Werner en sy span sien die toekoms soos wat hul leuse sê: Respect, Innovation, Professionalism. Veral die innovasie-gedeelte is in die huidige tyd van toepassing – ‘n besigheid wat wil floreer, moet altyd nuut dink om groei en volhoubaarheid te bewerkstellig.
Bethlehem waardeer julle, hou so aan!






Comments