top of page

BLOG

Search

Top Carpets stel hoë standaarde

Top Carpets, een van Bethlehem se bekendste besighede, het reeds in 1983 ontstaan as Alpha Matte, met Schalk Brandt as eienaar. Nadat sy seun Hein die besigheid oorgeneem het saam met skoondogter San-Mari, is die besigheid in 2012 as deel van ‘n “Buyers Group” herdoop na Top Carpets. Hein is in 2013 oorlede, en San-Mari het aangegaan met die onderneming. Sy is nou San-Mari van der Werff met ‘n pragtige spannetjie kinders!

Top Carpets verskaf volvloermatte, los matte, vinielvloere, “laminates,” antrasietstofies, blindings en mat/meubelskoonmaakdienste. Hul kliënte strek vanaf mense wat aanbou en vervang tot argitekte.

Omdat hulle deel is van ‘n groep en nie ‘n eenmansaak nie, kan hulle baie aan kliënte bied wat betref digitale teenwoordigheid, met ‘n groter “footprint,” soos ‘n webwerf. Hulle kan ook bekostigbaarheid verbeter weens die koopkrag van die groep. Ook is daar die hoë standaarde van die groep waaraan hulle moet voldoen.

Top Carpets as groep gee om vir gemeenskapskappe, hulle is byvoorbeeld baie betrokke by befondsing vir Smile en borskankerbehandeling. In Bethlehem is Top Carpets ‘n groot skenker vir die opgradering van die New Beginnings-perseel in Morelig, wat die gemeenskap op verskeie maniere sal dien wanneer voltooi.

Hierdie onderneming se mikpunt is om steeds van krag tot krag te gaan in die jare wat voorlê. Daarom belê hulle baie tyd, energie en geld in die opleiding van die volgende geslag – die gesin se eie vier jong kinders sowel as van hul installeerders se kinders wat reeds opgelei word.

Bethlehem se mense waardeer ‘n besigheid soos hierdie, wat ‘n voorbeeld stel op alle terreine...


ree

 
 
 

Comments


bottom of page