top of page

BLOG

Search

Anél leef haar uit as tutor

Sep 18
1 min read

Anél Landman, ‘n tutor by Bethlehem Tutorsentrum, se lewe het ver draaie geloop voordat sy as tutor begin werk het.


Anél is ‘n bekroonde “pastry chef.“ Sy het in Clarens begin werk  en toe in ons land se deftigste vyfsterhotelle, ook verskeie toekennings verwerf. 


Sy het as hoërskoolkind baie siek geword. Uiteindelik het ‘n internis haar gediagnoseer met Addison se siekte. Dit is wanneer die byniere ophou werk en nie meer kortisol en adrenalien afskei nie. Dit is ‘n lewensbedreigende siekte, sy gebruik tot vandag toe medikasie. 

Sy is ook meegedeel dat sy nooit sou kon kinders hê nie – maar haar seun Marshall is vandag reeds ‘n jong man! Sy loof die Here vir hierdie wonderwerk…


In haar tyd by die Saxon Hotel het sy weer baie, baie siek geword. Haar ouers het besluit om haar na hul huis terug te bring en haar onder hul vlerk te neem.


Anél het vir twee jaar lank werk gesoek. Leon Badenhorst, Anel se pa, het  vir Anita Scott, Wiskundige en mede-stigter van ChangeNetSA, goed geken; hulle het ooreengekom dat Anél ‘n proefperiode as tutor by die Bethlehem Tutorsentrum deurgaan. Sy is daarna in diens geneem.


Dit is vir haar lekker om met die kinders te werk en om verandering in die kinders te sien. Haar liefde vir kinders dra haar deur – en die kinders blom onder haar hande.


Haar geloof is haar anker en sy vertrou volkome op die Here. Deur kinders te help, word haar eie hartseer en teleurstelling mettertyd ligter en draagliker.  


 

 
 
 

Comments


bottom of page