top of page

BLOG

Search

Bethlehem Tutorsentrum bied prysuitdeling aan

Die Bethlehem Tutorsentrum in Môrelig, Bethlehem, het op Donderdag 12 Februarie en Vrydag 13 Februarie hul prysuitdelingsgeleentheid vir die 2025-jaar aangebied.

Graad 4 tot 12 het Donderdagaand hul toekennings ontvang, en die rentmeesters (leiers) vir 2026 is aangewys. Vrydag het die junior leerders aan die beurt gekom.


So 'n geleentheid is baie spesiaal vir almal betrokke; dit gee erkenning aan harde werk, deursettingsvermoë en samewerking.


Die sentrum bedank elke ouer, tutor, leerder, asook alle ander belanghebbendes vir die afgelope jaar se insette op verskeie vlakke, en vir almal se verbintenis tot die sukses van die sentrum.


Vir inligting aangaande die sentrum, skakel gerus 061 534 2311.




 
 
 

Comments


bottom of page