top of page

BLOG

Search

Erfenisdag op die rolbalbaan

Oct 31
1 min read

Op Erfenisdag, 24 September, het 16 rolbalspanne mekaar die stryd aangesê op die baan van Bethlehem Rolbalklub. Die dag is aangebied deur die Bethlehem Tutorsentrum in Môrelig. Die organiseerder was Louis Nel, ‘n lid van die rolbalklub en ook ‘n tutor by die tutorsentrum.


Dit was ‘n heerlike sonnige lentedag, en die spelers en toeskouers het die dag terdeë geniet. Die toernooi is vanjaar vir die derde keer aangebied, en dit groei jaarliks. Spelers van regoor die Vrystaat het die rolbaldag ondersteun. 


Daar was groot pryse op die spel – die eerste prys was verpakte vleis ter waarde van R20,000 en die tweede prys was verpakte vleis ter waarde van  R12,000. Die derde prys was 'n geskenkmandjie vir elke speler in die span. Verder het al die spanne pryse ontvang, tot op die laaste span met ‘n waarde van R200 per speler. Nog ‘n geskenkmandjie ter waarde van ongeveer R1,000 is vir 'n addisionele kompetisie oorhandig.


Die organiseerders en die Bethlehem Tutorsentrum bedank al die rolspelers vir hul betrokkenheid – die borge, die spelers, die helpers, die rolbalklub en die toeskouers. Deur hierdie betrokkenheid lewer die rolspelers ‘n groot bydrae om kinders met spesiale behoeftes ‘n toekoms te gee, wat dit andersins nie sou gehad het nie.


Deur Retha Pretorius



 
 
 

Comments


bottom of page