top of page

BLOG

Search

Gesellige jaareindfunksie by New Beginnings

Op Donderdagaand 16 Oktober het die personeel en gaste van die ChangeNetSA Groep vir hul jaarafsluiting by die New Beginnings-perseel in Môrelig byeengekom.


Die aand is begin met ‘n heerlike vingerete en baie kuier, waarna Justice en Anita Scott, die groep se stigters, met die aanwesiges gesels het. Die hoogtepunt was die persoonlike bedankings aan elkeen teenwoordig, wat die aand baie spesiaal gemaak het.


Die ChangeNetSA Groep is baie dankbaar vir die heerlike eetgoed, verskaf deur Madeleine Terblanche van Plaza Café and Catering, en die stilering deur Annali Bossert van Divine Celebrations.


Ook bedank die groep elke gas wat die geleentheid bygewoon het, ook die personeel wat hard gewerk het en almal ‘n aandeel in die sukses van die aand gehad het.  


Die ChangeNetSA Groep voorsien reeds ‘n lang lys van individue, organisasies en entiteite, deur die verskaffing van opvoedkundige geleenthede, voedsel en klerasie. Dit is slegs moontlik deur die hoogs gewaardeerde deelname van die gemeenskap aan die projekte en aktiwiteite van die groep.  


Deur Retha Pretorius




 
 
 

Comments


bottom of page