POEM BY ©MCH
- ChangenetSA

- Feb 27, 2019
- 1 min read
27 February 2019
Weerligwrok:
Steeds in gelid in die laan,
doodsdonker, lugwaartslinger...
Eens hemelreikende bestaan,
rouswart, rumatiekerige vinger...
Tydsgenoot ontydig weggeruk,
bliksemstraal se dooie pluk!
In die see van somergroen,
antilewensoen...
Grafsteenswyse in lewenskoor,
Populier vermoor!
Rouswart kispak aan,
hier waar hy dooilik sterfstaan...
© MCH






Comments