top of page

BLOG

Search

POEM BY ©MCH


7 March 2019


Force majeure!

Knypkake van getekende kontrak,

onheilsoë van bereikte ooreenkoms.

Beloftes gemaak, gesigte strak,

ondernemings bewoord wyl harte bons...


Onsiende in die blinddonker wat kom,

kuikentellery in heeleierdop...

Eersgeboortereg vir n pot lensiesop!

Mammonsbuig, kilkoue som...


Alleen as die Here wil...

Geen verrekening, so bitter die pil...

Force majeure!

Geen skepsel in beheer!

©MCH



ree

 
 
 

Comments


bottom of page