Wanneer ons saam droom...
- ChangenetSA

- Oct 2, 2021
- 1 min read
Air-Tec Aviation Maintenance, ‘n bekende internasionale onderneming in Bethlehem, het ‘n begeerte gehad om iets vir die gemeenskap van ons dorp te doen. Hulle het gehoor van ChangeNetSA se droom om binnekort ‘n “nuwe begin”-akkommodasieprojek van stapel te stuur, as deel van hul We Care-afdeling.
Air-Tec Aviation Maintenance het meer as R 50 000 se beddens, linne en ander goedere geskenk, ter bevordering van die projek. Hulle het gevoel om te gee, maar op ‘n manier wat ‘n meer permanente impak sal maak en mense se lewens op die lang termyn sal help verbeter.
Francois Jonker en Charlene van der Walt het Justice Scott van ChangeNetSA by die stoorplek ontmoet en die goedere oorhandig.
Hierdie projek sal in fases aangepak word, waarvan die besonderhede mettertyd aan die gemeenskap deurgegee sal word, soos die behoeftes realiseer.
Justice se boodskap: “In geloof, wat alles moontlik maak, word hierdie projek aangepak. Almal is welkom om hande te vat om van hierdie projek ‘n reuse-sukses te maak.”
‘n Groot dankie aan Air-Tec Aviation Maintenance; mag hierdie die begin wees van nog groter drome en planne!
Navrae kan gerig word aan Justice Scott by 061 534 2311.






Comments